Onvoorwaardelike Liefde

Sy sit voor oor, gebuig en rug krom

Haar gesig met permanente lyne

Maar steeds n gesig vol liefde

Haar lippe glad en sag soos myne

Sy kyk op en glimlag, en dit maak my dag

Vol liefde is haar druk, en ek smag vir dit nog elke dag

Ek mis jou 

*
Ek verlang na jou wysheid

Ek moes ma geluister het
Jou arms was my le plek

Dus waar ek veilig gevoel het

Jy vryf my kop, en ek is weg

Jy soen my op my voorkop en sus my aan die slaap

Ek vra n duisend vrae, ek wil verstaan

Dan sy jy, “Laat dit maar gaan”

“Ek is lief vir jou, en dit is al wat saak maak”

Jou woorde het my gestil

Jou liefde was goed vir my siel

Hoe wens ek jy was nog hier

Ek wil jou net trots gemaak het

Ek mis jou 

*
Dit was altyd net ek en jy, hand aan hand

Ek mis jou eindlose vingers

Altyd sag, warm en geknoop aan myne

Nie weer was daar n liefde soos joune

Jy was beeldskoon, binne en buite

Jou vel was sag, jou hare dun soos die wind

Hoe wens ek jy kon sien

Maak ek jou trots?

Ek mis jou 

*
Die pad was swaar sonder jou

Ek probeer om te onthou

Die herrineringe is nog vars, dus soos gister

Ek verbeel my ek ruik jou 

Ek mis jou

Ek wil regop loop soos jou

Trots en met n glimlag

Ek is hier deur jou

Ek is die moeder wat ek is vandag, deur jou
Hoe wens ek jy kon hulle sien

Jy sal trots gewees het

En dus omdat jy my moeder was

Jy was my voetspore, jy was my alles

My hart is seer

Hoor jy as ek praat? 

Sien jy as ek treur?

Ek mis jou

*
A short poem in memory of Getrude, Susan Kleinsmith. Happy Birthday there in Heaven💗

Advertisements

4 thoughts on “Onvoorwaardelike Liefde

  1. Loet April 29, 2017 / 3:14 pm

    Baie mooi gedaan. Goeie lees stukkie. Hwt dit terdeur geniet.

    Like

    • Kami April 29, 2017 / 3:57 pm

      So jy het jou gaate geniet😂 ek’s bly jy het Loet, dankie my vriend😘

      Like

  2. Susan May 26, 2017 / 11:18 am

    Baie mooi Kami. Dit was ‘n bietjie hartseer maar ek het dit baie geniet. Ek sien dat ek ook a naam met jou “Ma” deel

    Like

    • Kami May 26, 2017 / 1:59 pm

      Ag dankie susanna. ek waardeer jou inset. Mooi bly! lief vir jou, mwah! 🙂

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s